Idris Elba

Idris Elba
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Elba in Oktober 2014.

Geboortenaam Idrissa Akuna Elba
Geboorte 6 September 1972 (1972-09-06)
Londen, Engeland
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Akteur, musikant, DJ
Aktiewe jare 1994–tans
Webwerf www.driis.com
Toekennings Offisier van die Orde van die Britse Ryk
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Idrissa Akuna "Idris" Elba, OBE, is ’n Britse akteur, musikant en DJ.[1][2] Hy is veral bekend vir sy rolle as die dwelmbaas en sakeman Russell "Stringer" Bell in die reeks The Wire,[3] speurder John Luther in die reeks Luther en Nelson Mandela in die 2013-biografieprent Mandela: Long Walk to Freedom.

Hy is al vyf keer vir ’n Golden Globe benoem vir beste akteur in ’n minireeks of TV-prent, en het een keer gewen. Hy is ook al vier keer vir ’n Emmy benoem.[4][5]

Elba was in rolprente soos American Gangster (2007), Takers (2010), Thor (2011), Prometheus (2012) en Beasts of No Nation (2015).[6][7] Benewens akteur is hy ook ’n platejoggie (DJ) onder die naam Big Driis en ’n hip-hop-soulmusikant.[8]

  1. "Why black British directors and actors leave the UK for Hollywood". The Guardian (in Engels). 29 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2019. Besoek op 14 Oktober 2013.
  2. Lisa Respers France, "Idris Elba 'too street' to play James Bond, writer says", CNN, 2 September 2015.
  3. "The Wire Cast and Crew: Idris Elba, Russell "Stringer" Bell" (in Engels). HBO.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2018. Besoek op 11 April 2009.
  4. Lowry, Brian (10 Julie 2014). "Emmy Nominations 2014 — Full List: 66th Primetime Emmys Nominees". Variety. Besoek op 28 Januarie 2015.
  5. "Wire actor Elba joins BBC drama" (in Engels). BBC News. 4 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2019. Besoek op 7 September 2009.
  6. French, Philip (13 Julie 2013). "Pacific Rim – review". The Observer (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2013. Besoek op 17 Julie 2013.
  7. Hornaday, Ann (11 Julie 2013). "'Pacific Rim' review: A rock 'em, sock 'em sci-fi spectacle with heart". The Washington Post. Besoek op 17 Julie 2013.
  8. Canada, Danielle (13 September 2011). "Idris Elba (Driis) Releases New Music Video "Secret Garden"" (in Engels). hiphopwired.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy